Kleur sorteer
Maak jou eie gogga kleursorteer boks. Gebruik lekker groot pom poms vir klein vingertjies.
Plak maskeerband oor ‘n groot plastiese bak. Gooi nou balle in die bak. Die kind moet die balle met ‘n groot soplepel uitskep tussen die maskeerband uit.