Bou torings

Leerstasies en werkskaarte
Kleur sorteer
Kleur sorteer
Sorteer die kleure
Pak patrone
Red die diertjies
Vee die pom poms
Mik en rol
Parkeer die karretjies
Pom poms getalle
Wys op die vingers
Kleur patrone
Kleur in soos wat die patroon lyk.
Patrone saam met maats
Pak patrone saam met jou maats.
Patrone
Maak jou eie patroonspeletjie. Onthou om die hande af te wissel.
Balle in swembad
Blaas 'n swembad op en gooi gekleurde balle daarin. Die geheim is om met die baba te gesels terwyl hulle in die swembad sit. Fokus op die name van die kleure.
Vingerpoppe
Vorm sorteer
Trek items vanuit die klas af op karton. Probeer nou die regte item op die regte plek pas.
Gooi raak
Hang koppies uit 'n boks. Gooi die koppies raak met 'n koppie.
Red die balle
Plak maskeerband oor ‘n groot plastiese bak. Gooi nou balle in die bak. Die kind moet die balle met ‘n groot soplepel uitskep tussen die maskeerband uit.
Balle balanseer
Pak leë toiletrolletjies uit. Kyk nou of julle die balle daarop kan balanseer.
Wiele deur die verf
Verf jou karretjie se wiele en kyk hoe lyk die spore op die papier.
Plak projek
Omskep 'n muur in 'n plakhoekie. Deur die loop van die week kan al die kinders op die muur kom plak.
Ry met karretjies
Maak 'n maskeerband baan oor die vloer. Ry met karretjies al op die baan.
Skud die bottel
Kleur macaroni met koekkleursel of verf. Vul nou leë plastiese bottels daarmee. Draai die proppe styf toe. Baba kan die bottels skud en rol ... en kry toevallig blootstelling aan die kleure.
Tel in twees.

Verf met jou voete
Trek die kinders se voete oor met borrelplasties. Doop in verf en en stap oor papier.
Sorteer volgens kleur
Kyk hoe lekker kan die kleingoed die balle sorteer!
Kleure in die natuur
Maak 'n plakkaat met iets uit die tuin wat pas by mekaar. Ons fokus op kleure.
Tel op en laat val.
Tel die bal op met die lepel en sit dit in die bak langsaan. Die lepel moet in jou mond vasgeknyp word!
Tinfoelie spieël
Maak jou eie tinfoelie spieël. Hierdie kunsvlyt idee kan heel prettig wees saam met die tema my liggaam. Die spieëls kan dan na die tyd in die fantasiehoekie ingespan word.