Knip 'n papierbord se middel uit. Plak DC Fix in die middel. Laat die kinders daarop verf of blokke op plak.
Hang op in die venster.
Knip 'n papierbord se middel uit. Plak DC Fix in die middel. Laat die kinders daarop verf of blokke op plak.
Hang op in die venster.
Maak soutklei aan, die kinders maak handafdrukke daarin. Laat dit droogword en verf dit. Gee 'n teekersie saam wat in die handpalm kan brand.
Mamma is die lig in ons lewe!
Span kolwyntjiepannetjies in om die oulike blommetjies te maak. Die kleinding se foto kom in die middel.
Ideaal vir die babaklas, waar juffrou in elk geval alles doen.
Skaf stewige karton letters aan in mamma se voorletter (of sommer net M vir mamma). Plak propvol knope. Helder en kleurvol en geskik vir ons jonger maats.
As jy 'n redelike begroting het is hierdie koffiebekers 'n treffer! Kleine vingers maak vlinders met vingerdrukke. Uniek en oulik.
Hierdie projek verg redelike vaardige vingers, ek sal nie voorstel vir onder graad R of graad 1 nie. Maak 'n vingerafdruk in gips of modeleerklei en laat droog word. Onthou om die gaatjie vir die sleutelring te maak!