
Opleiding







Vandag wil ek graag uit my eie huis met julle deel. My graad 4 meisiekind sukkel met Engelse spelling. Dit maak haar erg moedeloos dat sy maar net nie regkom nie. Vandag is weer so dag. Nadat sy dit 4 keer uitgeskryf het (dis hoe hulle in die skool vertel word) skryf sy die woorde en net 3 is reg. Ek besluit genoeg is nou genoeg, ek weet mos wat werk! Ek gaan haal ons alfabetkaarte. Ons bou die woorde, dan skryf sy dit met helder kleure en klap die lettergrepe. Die volgende probeerslag het sy net 2 verkeerd gehad. My meisiekind se gesiggie straal en sy sien weer kans! Boonop was dit pret (sy het natuurlik eers haar oë gerol vir haar kleuterjuffrou mamma wat mos nie weet hoe graad 4 werk nie). Konkreet leer is universeel! Moenie in die slaggat trap nie.










Kry hier toegang tot die video opnames, uitdrukbare stukke en jou sertifikaat.
Onderwerp : Die administrasie van jou skool.
Hierdie kongres fokus veral op ons jonger hoofde wat nog wonder watter vorms hulle alles moet hê, onder andere :
hoe lyk 'n kontrak, wat is POPI,
wat is PAIA,
as wat moet ek my besigheid registreer,
wat as ek doodgaan,
moet ek 'n vennoot hê,
waarna moet ek kyk as ek 'n skool oorkoop,
voorraad aankope,
begrotings,
salarisse,
belasting,
skuld invordering,
beleide,
skoolreëls,
inskrywingsvorms,
onderhoud aan jou perseel en vele meer ...

