Bakkies en dekseltjies - sorteer.
Ons almal het bakkies en dekseltjies in ons huise en klasse. Gee dit aan die kinders om te sorteer. Druk nou die regte deksel op die ooreenstemmende bakkie. Ons fokus op 3D vorms, visuele diskriminasie, maak die hanspiere sterk en posisie in die ruimte.
